Nandi-Ndaitwah se aanmerkings lok wyd kritiek uit

Verskeie laat Heldedag herdenkings is in die Noorde gehou. Die stigterspresident Sam Nujoma het by Onyaluwili in die Omusati-streek gepraat en sê die land moenie die ideale waarvoor vryheidsvegters baklei het, verraai nie.

En by Ondobe in die Ohangwena-streek het die adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah wyd reaksie gelok met haar aanmerkings in verband met armoede en voedseltekorte.

Kommentaar sluit in dat sy sedert 1990 in die regering in verskeie senior poste gedien het, en het geleentheid gehad om die kwessies aan te spreek.