Nandi-Ndaitwah besoek Zambezi met Botswana eweknie

Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah sal saam met haar eweknie in Botswana, dr. Lemogang Kwape besoek aflê na Kasane en Katima Mulilo. Die twee, wat opdrag gegee is deur President Hage Geingob en President Mokgweetsi Masisi om die besoek af te lê, moet hulle vergewis van die omstandighede in die gebied. Inwoners van die Zambezi het herhaaldelik aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle in vrees van die Botswana-weermag lewe, veral langs die Chobe-rivier. Dit volg na vier Namibiërs vroeg in November verlede jaar doodgeskiet is, omdat hulle, volgens die Botswana-weermag, besig was om te stroop. Hulle familie hou voet by stuk dat hulle vis gevang het. Daar is 37 Namibiërs tot dusver deur die buurland se weermag in die gebied van Impalila-eiland doodgeskiet.