NamWater wag steeds op toerusting vir oordragstelsel

NamWater wag nog op die toerusting wat hulle bestel het om die stukkende oordragstelsel tussen die Swakoppoort- en Von Bachdam te herstel. Die water moet na die Von Bach gepomp word sodat dit gebruik kan word en nie net verdamp nie. Die elektriese pompstelsel is sedert verlede jaar stukkend. Abraham Nehemia, NamWater se uitvoerende hoof, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Nehemia deel meer inligting oor die elektriese pompstelsel waarvoor NamWater wag.