NamWater, Langer Heinrich beklink ooreenkoms vir water

Langer Heinrich Uranium het onderhandelinge met NamWater afgehandel en gaan ‘n grootmaat-watertransaksie aangaan namate die myn se bedrywighede hervat. Water is ‘n sleutelkomponent in die uraanproduksieproses en die myn wil teen 2024 weer in volle produksie wees. Die myn het in 2018 alle bedrywighede gestaak as gevolg van die lae uraanprys maar, die kommoditeit herstel en vooruitskattings meen dit sal verder verbeter. Volgens die Australiese uraanprodusent Paladin Energy, wat die Langer Heinrich Uranium besit, het die koste van die hervatting van bedrywighede ‘n aanvanklike begroting van 1,44 miljard Namibiese dollar tot 1,96 miljard dollar gestyg weens kostestygings vir arbeid, toerusting en roumateriaal.