NamWater het kommer oor stukkende oordragstelsel

Die stukkende oordragstelsel tussen die Swakoppoort- en Von Bachdam begin nou kommer wek by NamWater. Op die oomblik is Swakoppoort amper vol maar Von Bach, wat die enigste dam is waarvan water uitgepomp kan word na Windhoek en Okahandja, is net onder 53 persent vol. Water word normaalweg vanaf Swakoppoort na Von Bach oorgedra vir gebruik in die sentrale gebied. Die watervoorsiener se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia sê hul wag steeds op die korrekte toerusting.