NamWater herstel oordagstelsel by Swakoppoort

Die stukkende oordragstelsel tussen die Swakoppoort- en Von Bachdamme is herstel. Die stelsel was al vir ‘n geruime tyd stukkend en het groot kommer uitgelok. Water kan net van Von Bachdam na die hoofstad en sentrale gebied gepomp word en Swakoppoort dien dan basies as reservoir vir die dam. Volgens NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia verloop alles nou vlot. Nehemia verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.