NamRa verduidelik Elektroniese Belastingsverligtingsprogram

NamRA bied tans ‘n Elektroniese Belastingverligtingsprogram aan om belastingbetalers met uitstaande belasting by te staan. Die verligting maak voorsiening vir die kwytskelding van 100 persent van boetes en 75 persent van rente op die vereffening van die uitstaande kapitaalbelastingbedrag en sal op 31 Januarie 2022 eindig. NamRa se hoof van binnelandse belasting, Idi Itope, verduidelik.