NamRa verdien steeds N$700 000, al is grens met Angola toe

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa, verdien steeds ‘n inkomste op die Angolese grens al is die grens sedert Maart 2020 gesluit. Volgens die NamRa woordvoerder Tonateni Shidhudhu, beloop die inkomste ongeveer 700 000 Namibiese dollar maandeliks. Dit word verhaal van boetes wat uitgeskryf word wanneer oorgrens smokkelaars met brandstof, tweedehandse klere, sigarette en kos vanuit Angola gevang word. Shidhudhu sê oorgrens smokkelary het toegeneem sedert die grense gesluit is maar so ook waaksaamheid deur die agentskap. Patrollies word in samewerking met die polisie uitgevoer onder Operation Cloudburst.