NamRA sê oor miljoene in kontant in Hochland Park-huis

Die gewapende roof van ongeveer 3,3 miljoen Namibiese dollar van ‘n Chinese besigheidsman het wenkbroue laat lig. Die kontant en goedere is uit sy huis gesteel met ses gewapende mans wat die huis bestorm het en weggekom het met sy kluise. Berigte lui dat daar ongeveer 1,1 miljoen dollar in kontant gesteel is… maar wat van belasting, en hoekom sou die sakeman soveel kontant in sy huis aanhou? Kosmos 94.1 Nuus het met die NamRA kommissaris, Sam Shivute, gepraat.