NamRA reageer op Mwiya se aanmerkings

Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA het gereageer op aanmerkings deur die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid Charity Mwiya dat NamRA kleinsake wurg en dat nuwe wetgewing die stand van sake erger sal maak. Die woordvoerder van die agentskap, Steven Ndorokaze sê miljarde word geskuld in kapitaalbelasting wat ontwikkeling in die land by bystaan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.