NamRA kondig weer amnestie aan, 100% af op rente en boetes

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, kondig ‘n nuwe amnestie vir uitstaande belasting aan wat op 1 April begin en duur tot 31 Oktober. Die enigste voorwaarde om te kwalifiseer is dat belastingbetalers op die e-stelsel Itas moet registreer en die uitstaande kapitaalbedrag betaal. Alle rente en boetes word 100 persent afgeskryf. NamRA sê teen die einde van verlede jaar was daar 69 miljard Namibiese dollar betaalbaar in agterstallige belasting maar, meer as 53 miljard dollar was in boetes en rente en die kapitaalbedrag het 15,2 miljard dollar beloop.