NamRA begin loodstoetsing van eenstop-grenspos met Botswana
Die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, het begin met ‘n loodstoetsing van die eenstop-grenspos by die Trans-Kalahari/Mamuno-grensoorgang. Hierdie inisiatief, in samewerking met Botswana, het ten doel om die klaringsproses vir reisigers en goedere te stroomlyn in ‘n enkele fasiliteit met geharmoniseerde prosedures. Die eenstop-grenspos sal na verwagting vervoertyd verminder, besigheidskoste verminder en handelsdoeltreffendheid langs die Trans-Kalahari-korridor verbeter. NamRA moedig reisigers, vervoeroperateurs en besighede aan om hulself met die nuwe stelsel te vergewis om voordeel te trek uit verbeterde dienste. Tonateni Shidhudhu, bestuurder vir strategiese kommunikasie en belanghebbende-uitreiking by NamRA, het meer.