NamPower en Congo hoor vandag

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar NamPower Congo Namibia Trading vir net meer as 11 miljoen Namibiese doller in onbetaalde kragvoorsiening, dagvaar. ‘n Ooreenkoms is in Mei 2013 onderteken waar NamPower krag aan Kombat, sowel as die myn, sou voorsien. Intussen het die myn gesluit en Knowledge Katti, die omstrede Namibiese sakeman het die Kombat nedersetting vir 50 miljoen Namibiese doller by die regering gekoop. Congo is ook gelys saam met die plaaslike owerhede en regeringskantore wat NamPower gedreig het met beurtkrag as gevolg van wanbetaling. Daar is in die hof geargumenteer oor die bepalings van die kontrak, die wettigheid van die partye wat dit onderteken het en NamPower se stappe wat hy gevat het om sy geld in te vorder. Regter Hannelie Prinsloo sal vanoggend haar uitspraak lewer.