Namport skenking laat Usakos-jeugsentrum toe om opleiding te hervat

Namport se maatskaplike beleggingsfonds het inligtingskommunikasie tegnologie-toerusting aan die Usakos Veeldoelige Jeugsentrum geskenk. Die skenking sluit ‘n skootrekenaar, projektor en ses tafelrekenaars ter waarde van 50 000 Namibiese dollar, in. Die toerusting sal gebruik word om die sentrum se kapasiteit te verbeter om voort te gaan om die jeug van Usakos met broodnodige basiese rekenaarvaardighede te bemagtig. Die jeugsentrum, wat spog met ‘n koshuis, akkommodeer ook leerders van omliggende dorpe en plase. Die sentrum was egter gedwing om sy aktiwiteite te onderbreek weens die bestaande rekenaars wat nie meer werk nie. Met hierdie skenking van Namport kan die sentrum weer sy bedrywighede hervat.