Namport presteer uiters goed in eerste 9 maande
Namport sê hy het altesaam 820 243 metrieke ton vrag in die nege maande tot Desember 2022 hanteer, wat ‘n toename van 18 persent verteenwoordig vanaf die ooreenstemmende tydperk in 2021. Die owerheid sê daar was verlede jaar verskeie wêreldwye uitdagings, insluitend geopolitieke onsekerheid, uiterste weerstoestande in verskeie wêrelddele, en stygende lewenskoste. In die tydperk onder oorsig het Namport verhoogde vaartuigbesoeke aangeteken, 6 persent meer, met tonnemaat wat met 15 persent op ‘n jaargrondslag gegroei nie. Oorgrensvrag was verantwoordelik vir 1,7 miljoen ton, of 32 persent van die totale vrag wat hanteer is. Die top drie kommoditeite wat vanaf die hawe van Walvisbaai uitgevoer is, was grootmaat en sak sout en petroleumprodukte. Die top drie kommoditeite wat ingevoer is, was koperkonsentrate, swaelsuur en koring.