Namport groei, ten spyte van ekonomiese tye

Namport sê hy toon steeds baie goeie groei, ten spyte van die moeilike ekonomiese tye. Met ongeveer ses weke oor van sy huidige finansiële jaar, sê die owerheid hy het reeds 242 meer vaartuie, of 24 persent, ontvang tussen April verlede jaar en Januarie vanjaar, vergeleke met die vorige boekjaar. Tonnemaat het met 16 persent toegeneem en uitvoere met 20 persent. Net meer as 251 000 metrieke ton se uitvoere is tot dusver hanteer met die meerderheid wat marmer, skeepsonderdele, petroleumprodukte en sout insluit.