Nampol vra hulp met identifisering van slagoffer wat in Zambezirivier gevind is

Die Namibiese polisie is bekommerd dat nóg ‘n moetiemoord of die smokkel van liggaamsdele plaasgevind het. ‘n Geskende liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man is in die Zambezirivier gevind. Volgens Nampol het die liggaam snywonde en die geslagsdele is geskend. Dit volg na die geskende liggaam van die 37-jarige Egidius Kayangula verlede week in die Kavangorivier gevind is. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga van NamPol, het die publiek aangemoedig om na vore te kom met inligting wat sal help om die slagoffer te identifiseer.