Nampol vind 1kg kokaïen
Die Namibiese polisie sê hy het by Oshikango teen die grens met Angola, beslag gelê op amper ‘n kilogram kokaïen ter waarde van 475 000 Namibiese dollar. Volgens die mag, was die verdagte in ‘n taxi wat deur owerhede gestop is om deursoek te word. Die verdagte het uit die voertuig gespring en teruggehardloop na die Angolese grens en het dit oorgesteek. Hy het ‘n swart sak met die dwelms in die motor gelos. Die ondersoek duur voort.