Nampol mag nie publiek timmer nie

Lede van die polisie mag nie lede van die publiek paneelklop nie. Dit is die mening van die minister van polisie dr. Albert Kawana wat meen die polisie is somtyds hardhandig met die publiek en timmer hulle. Hy sê dit breek die vertroue van die gemeenskap wat nodig is vir die mag om sy pligte uit te voer. Kawana het in Keetmanshoop op die geleentheid van die Namibiese Polisiedag gepraat. Hy voeg by dat reserviste die mag baie goed bystaan omdat hulle in die gemeenskappe aktief is en oor baie inligting beskik. Hy het lede van die mag gemaan om hulle pligte doelgerig uit te voer en altyd eties en in die beste belang van die gemeenskap op te tree.