Nampol konfiskeer dwelms van N$1,2 miljoen in Julie

Die Namibiese polisie het beslag op dwelms ter waarde van sowat 1,2 miljoen Namibiese dollar in Julie gelê en 127 verdagtes in hegtenis geneem. Die verdagtes sluit 114 Namibiërs in, asook ses Zambiërs, vier Kongolese en drie Angolese burgers. Dwelms waarop beslag gelê is, is onder meer dagga ter waarde van sowat 1,17 miljoen Namibiese dollar, Mandrax van byna 35 000 Namibiese dollar, Crack-kokaïene van 6 200 Namibiese dollar en kokaïenpoeier van sowat 4 600 dollar. ‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.