Nampol klaar Katima-woonstelle uit

Die hoof van die Namibiese polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het skerp gereageer op kritiek dat die regering ‘n blok woonstelle by die Muadinohamba familie-trust in Katima Mulilo aangekoop het om polisielede te huisves. Die berigte insinueer dat die transaksie voordelig was omdat Jerry Muadinohamba verskeie senior poste by openbare ondernemings beklee het en is ook tans die voorsitter van die Telecom Namibia-raad. Volgens ‘n verklaring is alle prosedures gevolg. Die aankoop van die woonstelle is reeds deur die voormalige streeksbevelvoerder van die Zambezi kommissaris Karel Theron voorgestel om voldoende behuising vir lede van die mag aan te koop. Die eiendom is deur die trust aan die mag aangebied is vir 8 miljoen dollar gewaardeer deur die staat. Ndeitunga sê die aankoopprys is deur die familie aanvaar en lede van die mag word nou daar gehuisves. Hy voeg by dit is die regering se plig om voldoende behuising vir sy amptenare te voorsien.