Nampol is in Khomas op die strate vanaand

Die Namibiese polisie in die Khomas-streek het vanaand ‘n uitgebreide teenmisdaad-operasie en sê alle maatreëls in verband met Covid, sowel as die heersende wetgewing, sal streng toegepas word. Die mag het die media genooi vir ‘n perskonferensie om ses-uur namiddag om die logistieke van die veldtog te bespreek en vir lede van die media om die operasie saam met die owerhede by te woon. Lede van die publiek word daaraan herinner dat patrollies uitgevoer sal word en mobiele padblokkades, soos oudergewoonte, gebruik sal word vir veral dronkbestuurders.