Nampol identifiseer man wie se liggaam in Robert Mugabelaan gevind is

Die Namibiese polisie het die identiteit van die man wie se liggaam Woensdag langs Robert Mugabelaan in Windhoek gevind is, as dié van Albertus Guruseb, ‘n inwoner van Katutura, bekend gemaak. Die 40-jarige Guruseb se liggaam is in ysige weerstoestande langs die Staatsveeartskliniek in Robert Mugabelaan deur ‘n verbyganger gevind, wat die polisie dadelik in kennis gestel het. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie, volgens Nampol se hoof van operasies, adjunkkommissaris James Nandapo.