Nampol-hoof: Geen terreurbedreigings in Namibië

Nadat daar beweringe van ‘n moontlike terreurbedreiging in Namibië teen Chinese burgers is, het die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, ‘n beroep op streeksbevelvoerders gedoen om sekuriteit te verskerp. Dit volg na die verdedigingsattaché by die Chinese ambassade, kolonel Goa Peng, die Namibiese polisie versoek het om seker te maak Chinese burgers en hul ondernemings ly nie skade nie. Ná deeglike ondersoek, meen Ndeitunga die brief is buite verband geruk. Hy sê daar is geen sulke bedreigings van terroriste-bedrywighede in Namibië nie.