Nampol-hoof: Aanhoudingselle moet weekliks deursoek word

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo sê voortdurende gesamentlike operasies moet in streke uitgevoer word om onder meer veediefstal, diefstal van motorvoertuie en dwelmhandel hok te slaan. Hy sê hierdie operasies moet egter goed gekoördineer word om die potensiële bedreigings in hierdie verband te verminder. Om sekuriteits-meganismes in plek te stel om die smokkel van verbode of onwettige items in polisie-aanhoudingselle op te spoor en te stop, moet polisie-aanhoudingselle weekliks deursoek word.