Nampol en landbouministerie takel veediefstal op hervestigingsplaas by Okahandja

Die Namibiese landbouminsiterie het vandag ‘n gesamentlike operasie saam met die Namibiese polisie by een van hul hervestigingsplase, plaas Orutjiva in Otjozondjupa-streek, van stapel gestuur om veediewe rondom plase in die omgewing te teiken. Nampol se helikopter is ook ontplooi. Boerderygebiede rondom Orutjiva, geleë sowat 40 kilometer vanaf Okahandja, word toenemend deur veediewe en wildstropers geteiken. Geen verdagtes is egter tydens die operasie in hegtenis geneem nie.