Nampol behaal suksesse op Mondesa met dwelms

Die Namibiese polisie het drie beslagleggings op dwelms in Mondesa op Swakopmund oor die naweek gedoen. In die eerste geval is twee verdagtes, ‘n 27-jarige vrou en ‘n 18-jarige man gearresteer in besit van 58 pakkies van skunk-dagga ter waarde van net meer as 4 000 Namibiese dollar. ‘n 24-jarige verdagte is ook vas nadat hy in besit gevind is van 16 pakkies skunk-dagga met ‘n beraamde waarde van 1 200 dollar. In die derde geval is ‘n 17-jarige Namibiër in hegtenis geneem nadat kokaïen, dagga en Mandrax ter waarde van 2 300 dollar in sy besit gevind is. Al die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.