Nampol-beampte van Ondangwa met dwelms vasgetrek

‘n Namibiese polisieman is in hegtenis geneem met dwelms en smokkelgoedere by Ondangwa-polisiestasie in Oshana-streek. Volgens Nampol is die 28-jarige polisieman gearresteer nadat hy in besit van dagga en Yes-sigarette by die polisie se aanhoudingselle gevind is. Na bewering is hy gevind met sy sakke vol 195 Yes-sigarette en 46 sakkies dagga. Daar is beslag gelê op die items en hy word aangehou. Die polisie-ondersoek duur voort.