NAMPO skop af, belangrik vir tegnologie in streekslandbou

Die 54ste NAMPO Oesdag begin vandag. Die landbou-skou word vir die eerste keer oor vyf dae aangebied van vandag tot 20 Mei. Met meer as 800 uitstallers is die beste van die landboubedryf verteenwoordig en volgens dr. Kobus Laubscher, die bekende landbou-ekonoom is die geleentheid uiters belangrik vir beleggings in landbou in die streek, veral in verband met tegnologie en presisie-boerdery. Hy verduidelik.