NamibRe skenk N$50 000 aan Mej. Namibië-kompetisie

NamibRe het die Mej. Namibië-kompetisie vroeër vanjaar met 30 000 Namibiese dollar geborg en het nou ‘n bykomende 20 000 Namibiese dollar aan Mej. Namibië 2021, Chelsi Shikongo, en haar twee prinsesse geskenk. NamibRe se direkteure het vandag die oorhandiging aan die wenners gedoen. Chelsi Shikongo, Mej. Namibië 2021, sê met dié skenking kan hulle aan hul liefdadigheidsorganisasies werk.