Namibiese wild suksesvol na die DRK verskuif

Wildlife Vets Namibia het ‘n reuse wildverskuiwingsoperasie na ‘n private wildreservaat in die Demokratiese Republiek van die Kongo onderneem. Wild soos swartwitpense, bastergemsbok, njalas, elande en wildebeeste is vanaf Namibiese wildplase meer as 3 000 kilometer per pad na die noordooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo vervoer. Wildveearts dr. Ulf Tubessing van Wildlife Vets Namibia se assistent, Mariska Bijsterbosch, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus van die suksesvolle wildverskuiwingsoperasie.