Namibiese werkloosheidsituasie vererger daagliks

Die Namibiese werkloosheidsituasie vererger elke dag. Die Covid-pandemie en –inperking dra grootliks by tot die probleem. In Windhoek se strate word talle werksoekers by verkeersligte gesien met die hoop dat iemand hulle ‘n werk sal aanbied. Individue en maatskappye het ook al kos aan werksoekers uitgedeel. Kosmos 94.1 Nuus het in ‘n meningspeiling gevra wie se verantwoordelikheid is dit om werkloses in diens te neem en is dit aanvaarbaar om kos aan hulle te gee.