Namibiese Werkgewersfederasie sê onderhandeling oor minimum loon is moeilik weens swak ekonomie

Die Namibiese Werkgewersfederasie het gereageer op die Lone-kommissie wat tans vergaderings hou om ‘n minimum loon vas te stel. Vakbondverteenwoordigers het aangedui werkers in die vissery-, toerisme- en handelsektore sukkel om werk te kry. Kommer is ook uitgespreek oor die vissery- en mynbousektore wat groot bydraers van die BBP is, maar werkers verdien lae salarisse. Volgens die vakbonde kry werkers in die toerisme-, gasvryheid- en handelsbedryf salarisse van minder as 1 500 Namibiese dollar per maand. Tim Parkhouse, die sekretaris -generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ekonomie, veral na die Covid-pandemie, swak is.

Parkhouse het gesê dat daar positiewe voorstelle is vir die minimum loon, maar dit moet versigtig hanteer word.