Namibiese werkers het nie veel arbeidsvryheid nie

Volgens die jongste Heritage ekonomiese vryheid-verslag is Namibië se ekonomie die 102de vryste in die 2023-indeks. Die kritiek is dat sakeregulasies deur die regering uitgevaardig word sonder insette van belanghebbendes in die private sektor. Daar is ook geen formele prosesse vir die heroorweging van gepubliseerde regulasies nie. Arbeidsregulasies is nie rigied nie, maar die arbeidsmark kort dinamika, sê die verslag, en die arbeidsvryheid-telling word op 55.6 uit 100 aangewys. Kosmos 94.1 Nuus het met Job Muniaro, die nasionale vakbond van Namibiese werkers se sekretaris-generaal gepraat, wat sê dat demokrasie van die werkers weggeneem is.