Namibiese weervoorspeller sê reën is op pad

Sommige Namibiese boere is bekommerd oor die vooruitsigte van reën, veral met weerkenners se voorspellings dat die La Niña-verskynsel besig is om te verswak. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike weervoorspeller van die Namibiese Metereologiese Dienste, Odillo Kgobetsi gepraat oor wat vir die week op die reënfront voorlê.