Namibiese water- en klimaat-agenda moet vir Klimaatberaad ontwikkel word

Die Namibiese kabinet het die landbou- en omgewingsministeries opdrag gegee om gesamentlik die Namibiese water- en klimaat-agenda ter voorbereiding vir die Verenigde Nasies se 27ste Klimaatberaad te ontwikkel. Die Klimaatberaad vind vanaf 7 tot 18 November in Sharm El-Sheikh in Egipte plaas, die VN se 2023 Waterkonferensie in Maart 2023 in New York, Amerika, en die 10de Wêreld-Waterforum vind in 2024 in Bali, Indonesië, plaas. Na die 9de Wêreld-Waterforum in Dakar, Senegal, plaasgevind het, het die kabinet ook opdrag aan die landbouministerie gegee om die Dakar-verklaring oor Water- en Sanitasie-sekuriteit vir Vrede en Ontwikkeling in die Nasionale Vergadering ter tafel te lê.