Namibiese visseryeminister: Beperkte fondse vir oseaan-bestuur

Namibië het 128,6 miljoen Namibiese dollar bestee aan die wetenskaplike navorsings-opnames oor lewende mariene organismes en die mariene-omgewing gedurende die 2019/2020 finansiële jaar. Die minister van visserye en mariene hulpbronne, Derek Klazen, was ‘n spreker tydens ‘n hoëvlak-paneelbespreking oor volhoubare oseaan-ekonomie by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York en sê Namibië is verbind tot ‘n 100 persent-benadering tot oseaan-bestuur. Klazen sê Namibië staan voor ‘n uitdaging van die beskikbaarheid van befondsing, derhalwe word beleggings vir see-projekte nie geprioritiseer nie.