Namibiese toerismesektor vra vir beter regulasies vir toeriste om land binne te kom

Die Namibiese toerismesektor het vandag ‘n brief aan die toerismeminister, Pohamba Shifeta, per hand afgelewer waarin versoek word dat streng Covid-regulasies wat dit moeilik vir buitelandse toeriste maak om Namibië in te kom, hersien moet word, veral wat 72-uur Covid-toetse vir toeriste behels. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië, die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, asook ander rolspelers in die toerismebedryf, het vir hersiening van die regulasies gevra as deel van die toerismeherlewingsinisiatief. Die toerismeminister word versoek om met sy eweknieë van die gesondheidsministerie, asook binnelandse sake, te beraadslaag. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.