Namibiese toerismesektor glo SAL sal later vlugte na Windhoek hervat

‘n Namibiese toerismekenner het gereageer op die Suid-Afrikaanse lugdiens wat sy eerste vlugte in byna twee jaar op 23 September gaan hervat. Windhoek is egter nie in SAL se roetes ingesluit nie. Kaartjies vir die beperkte roetes sal op 26 Augustus te koop wees. Die SAL sal aanvanklik net tussen Johannesburg en Kaapstad, Accra in Ghana, Kinshasa in die Kongo, Harare in Zimbabwe, Lusaka in Zambië en Maputo in Mosambiek vlieg. Roetes sal later uitgebrei word. Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging, het aan Kosmos 94.1 gesê alhoewel die lugredery nie na Windhoek vlieg nie, dit steeds positiewe nuus is vir die Namibiese toerismesektor is. Sy glo SAL sal later Windhoek in sy roetes insluit.