Namibiese toerismeministerie verwelkom Lewis Hamilton

Die Namibiese toerismeministerie verwelkom die supersterre wat Namibië besoek. Die ministerie is verheug oor die besoek van die Formule Een-wedrenjaer Lewis Hamilton aan Sossusvlei, ‘n maand na sokkerbestuurder van die Roma-sokkerklub, Jose Mourinho. Die ministerie verwelkom die internasionale blootstelling wat die supersterre aan hul miljoene volgelinge oor Namibië gee. ‘n Namibiese toergids, Joseph Kafunda, sê aan Kosmos Namibiërs respekteer supersterre se privaatheid.