Namibiese toerismeministerie spreek medelye aan famlie van Franse toeris uit

Die Namibiese toerismeministerie het sy medelye uitgespreek aan die familie van die Franse toeris, Nicholas Remodiere, wat vanoggend dood naby Sossusvlei gevind is. Volgens die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, het die beamptes van die ministerie gister ‘n soektog van stapel gestuur toe die Fransman as vermis aangemeld is, en hulle het regdeur die nag na hom gesoek.