Namibiese Sportkommissie se appèlkomitee wys saak van die hand

Die Namibiese Sportkommissie het vandag aangekondig dat die kommissie se appèlkomitee ‘n saak van die hand gewys het waarin die afrigter Letu Hamhola en die atlete Johannes Nambala en Ananias Shikongo hul weglating van die afrigter van die jaar, sowel as ster van die jaar-kategorieë by die 2021 jaarlikse sport-toekennings, betwis het. Die kategorieë is onderskeidelik deur Christine Mboma en haar afrigter Henk Botha gewen. Freddy Mwiya, hoof-administrateur van die sportkommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.