Namibiese sosiale aktivis loof Agribank se lenings aan vroue

‘n Namibiese sosiale aktivis het gereageer op Agribank wat lenings van 44 miljoen Namibiese dollar aan vroulike kliënte in die 2020-2021 finansiële jaar toegestaan het, in vergelyking met lenings van 21 miljoen dollar die vorige jaar. ‘n Totaal van 39 miljoen Namibiese dollar is aan die jeug uitgeleen. Rosa Namises het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Agribank het ‘n groot stap geneem om aan vroue lenings te gee.