Namibiese skoolkoshuise sluit vroeër

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat skoolkoshuise volgende Vrydag op 2 Desember sal sluit. Volgens die onderwyskalender is die laaste skooldag vir leerders 7 Desember. Die laaste dag vir eksamens vir graad 4 tot 10 is 2 Desember, daarom het die onderwysministerie besluit om koshuisleerders op 2 Desember te laat huis toe gaan. Die adjunkdirekteur in die onderwysministerie Edda Bohn…

Bohn sê ook die graad 11- en 12-eksamens is suksesvol afgehandel met die vraestelle wat nou gemerk word sodat uitslae vroeg in Januarie bekend gemaak kan word.