Namibiese sentrale damme leër as verlede jaar

Sentrale damme in Namibië is gesamentlik 58,6 persent vol in vergelyking met 61,7 persent die vorige seisoen. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die Von Bachdam nou 46,2 persent vol teenoor verlede jaar 77,9 persent. Suide-damme is gesamentlik voller teen 79,7 persent teenoor verlede jaar se 56,9 persent. Daar is egter 2,845 miljoen kubieke meter water uit die Hardapdam onttrek wat nou slegs 46,4 persent vol is teenoor verlede jaar se 68 persent.