Namibiese rolprent draai vanaand in Amerika

Die internasionaal bekroonde Namibiese rolprent, #LANDoftheBRAVEfilm, gaan sedert die begin van die Covid-pandemie vir die eerste keer in Amerika vertoon word. Die rolprent gaan vanaand en môre by die Greater Cleveland Urban-filmfees in rolprentteaters draai waar Amerikaners dit vir die eerste keer op die groot skerm vertoon kan word. Boonop is Kosmos 94.1 Nuus se Armas Shivute Armas ook vir ‘n internasionale akteurstoekenning genomineer. Die skrywer en regiseur, Tim Huebschle praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Huebschle is ook lid van die Namibiese keurkomitee van die Namibiese Filmkommissie vir die 2022 Oscar-toekennings. Die 94ste Oscars vind in Maart 2022 in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles in die VSA plaas. Die komitee met agt lede gaan Namibiese materiaal vir oorweging indien.