Namibiese premier sê beweringe teen haar is vals, kwaadwillig

Die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het in ‘n mediaverklaring gesê die onlangse mediaberigte oor haar en man, Onesmus Tona Amadhila, sy lenings van sowat 180 miljoen Namibiese dollar by die Ontwikkelingsbank van Namibië, en hul familieplaas Duwid, is alles vals. Verder het Henny Seibeb van die Landless People’s Movement vroeër die die week gesê Kuugongelwa-Amadhila verpersoonlik die diefstal van openbare hulpbronne op industriële skaal en moet onmiddellik bedank of deur President Hage Geingob afgedank word. Die eerste minister sê dit is alles kwaadwillige beweringe wat die beeld van haar familie skaad.