Namibiese polisiehoof tevrede met stryd teen Covid-19

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, loof die manne en
vroue in uniform, asook die publiek, omdat almal volgens hom hard teen die Covid-
pandemie veg. Namibië ervaar tans ‘n groot afname in positiewe Covid-
gevalle. Ndeitunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.