Namibiese polisie soek steeds na aanvallers van dr. Sean de Jager

Die Namibiese polisie doen weer ‘n beroep op die publiek om Andreas David Gliso and Kleopas Vetso, die aanvallers op die 73-jarige dr. Sean de Jager te help vind, wat hom in sy huis op 26 Oktober op Swakopmund aanrand en beroof het. ‘n Man is die naweek in Kuisebmond op Walvisbaai in hegtenis geneem nadat dele van die slagoffer se voertuig in sy motorhuis gevind is. Die verdagte sal na verwagting môre in die hof verskyn. Enige iemand met inligting oor die twee hoofverdagtes, kan vir hoofinspekteur Johannes Mwatongwe of die naaste polisiekantoor skakel.