Namibiese pawiljoen open amptelik by 2020 Dubai Expo

Die Namibiese pawiljoen by die 2020 Dubai Expo is vandag amptelik deur die handelsminister, Lucia Iipumbu, geopen. Namibiese maatskappye en produkte word daar uitgestal om Namibië as bestemming vir beleggings, handel en toerisme te bemark. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het tydens die amptelike opening oor herwinbare energie en Namibië se verbintenis tot die Parys-klimaatsverdrag gepraat.